Konstitusie en Reëls
Witbul Old Boys Klub
1. NAAM
Die HOËRSKOOL MONUMENT OUDRUGBYSPELERS VERENIGING sal bekend staan as: "WITBUL OLD BOYS KLUB". (hierna die "WOB"genoem)
2. DOEL
2.1 Om die band tussen oudspelers, ondersteuners en ouers van HOËRSKOOL MONUMENT uit te bou;
2.2 Om te strewe na die bevoordeling van die belange van HOËRSKOOL MONUMENT;
2.3 Om sosiale omgang tussen oudspelers en ondersteuners van HOËRSKOOL MONUMENT te bevorder;
2.4 Om borge, donasies en skenkings namens HOËRSKOOL MONUMENT RUGBY te ontvang, bestuur en kanaliseer (indien van toepassing).

3. LIDMAATSKAP/OUD SPELERS
3.1 Enige persoon wat ter enige tyd n leerder was van HOËRSKOOL MONUMENT, mag dadelik n lid word van die WOB, met dien verstande dat so n persoon paragraaf 5 hieronder sal na kom.
3.2 Die WOB moet uit 'n minimum van 35 gewone lede bestaan;
3.3 Enige lid wat nie sy ledegeld betaal het nie binne drie maande nadat dit verskuldig geword het, kan die voorregte van lidmaatskap verbeur, deur n besluit van die BESTUUR.

4. LIDMAATSKAP/ONDERSTEUNERS
4.1 Enige persoon wie se kind op enige tyd n leerder was en of is van HOËRSKOOL MONUMENT mag kwalifiseer vir lidmaatskap van die WOB.
4.2 Afrigters en Oudafrigters wat deur die Beheerliggaam/Departmanent benoem en aangestel is en vir minstens 'n jaar indiens was, het die reg om lidmaatskap van die bestuur van die WOB te verwerf.
4.3 N ondersteuner soos benoem in paragraaf 4.1. hierbo sal slegs n lid van die WOB word indien so n persoon voorgestel is deur n bestaande lid van die WOB.
4.5 N WOB Ondersteuner as lid sal goedgekeur word slegs deur die WOB bestuur wat sy eie diskresie en/of kriteria sal toepas tot welke besluit.
4.6 Die WOB bestuur sal 1 keer n maand byeengeroep word om alle aansoeke ontvang in daardie maand te oorweeg en sal die uitkoms van die aansoek binne 10 dae na die aanhoor van die aansoek kommunikeer aan die applikant.
4.7 N WOB Ondersteuner wat tot lid verklaar word onderneem om onderhewig te wees aan alle reels, konstitutusies en gedragskodes van die WOB.

5. SUBSKRIPSIE
5.1 Ten einde die WOB in staat te stel om sy doelstellings te bewerkstellig, sal 'n jaarlikse subskripsie van sy lede gevorder word;
5.2 Indien 'n lid meer as die bedrag van sy subskripsie in een jaar betaal, sal die balans as 'n donasie beskou word, tensy die lid uitdruklik spesifiseer dat dit vir toekomstige subskripsie of enige ander doel aangewend moet word;
5.3 Elke lid wat sy subskripsie vir 'n sekere jaar betaal het, is geregtig op die volgende vir daardie spesifieke jaar:
5.3.1 'n Jaarblad (indien van toepassing) teen 'n vasgestelde bedrag soos jaarliks bepaal;
5.3.2 'n Nuusbrief wat minstens een keer per jaar ge-epos sal word, na afloop van die jaarvergadering;
5.3.3 'n Stem op die Algemene Jaarvergadering asook enige spesiale vergaderings;
5.3.4 Enige ander voordeel waartoe van tyd tot tyd deur die Bestuur besluit mag word;
5.3.5 Vrye toegang tot die klubhuis tydens sportbyeenkomste;
5.3.6 Lidmaatskapkaart vir die betrokke jaar;
5.3.7 Die jaarlikse subskripsie sal duer die Bestuur bepaal word, op voorwaarde dat dit deur die Jaarvergadering goedgekeur word.

6. BESTUUR
6.1 Die sake van die WOB sal deur 'n Bestuur deur n minimum van n verkose agt lede behartig word, met die reg om te koöpteer en met diensvestande dat slegs WOB Oudspelers op die bestuur mag dien;
6.2 Die Bestuur sal by die Algemene Jaarvergadering deur die opbetaalde lede van die WOB gekies word en sal dien vir n periode van 2 jaar vanaf die sluiting van die bg vergadering tot by die Jaarvergadering waar hul dienste verstryk;
6.3 Die Bestuur soos verkies in 6.1 sal by sy eerste gekonstitueerde vergadering die verskillende ampsdaers verkies, met dien verstande dat die verskillende portfolios sal wees: Voorsitter, Onder-Voorsitter, Sekretaris, Tesourier, Bemarking, Klubhuis, Nuwe lede;
6.4 Die afrigters van die Skool moet 'n verteenwoordiger uit eie geledere aanwys om op die Bestuur te dien op voorwaardde dat so n persoon n oudspeler moet wees;
6.5 Bestuursvergaderings word deur die Sekretaris byeengeroep en moet minstens een keer per maand plaasvind;
6.6 Tydens Bestuursvergaderings behoort daar gestrewe te word na consensus. Wanneer daar onder omstandighede nie tot 'n vergelyk gekom kan word nie, sal so 'n beslissing slegs met meerderheidstem geneem word;
6.7 In die geval van die bedanking van 'n Bestuurslid, sal die Bestuur 'n ander ingeskrewe lid van die WOB in sy plek koöpteer;
6.8 Die Voorsitter of in sy afwesigheid die Onder-Voorsitter, sal by alle vergaderings voorsit en sal in geval van 'n staking van stemme, die beslissende stem hê;
6.9 Vyf lede van die Bestuur is 'n kworum;
6.10 Die boekjaar van die WOB strek vanaf 1 Maart tot 28 Februarie;
6.11 'n Bestuurslid verbeur sy amp outomaties indien hy of sy by twee opeenvolgende Bestuursvergaderings sonder verskoning afwesig was;
6.12 Die bestuur vergader minstens elke drie maande en daar sal behoorlik notule gehou word deur die sekretaris;
6.13 'n Lederegister sal bygehou word en alle vergaderingstukke sal veilig bewaar word.
6.15 Die bestuur sal uitsluitlike mag he om alle finansiele aspekte van die WOB te bestuur tot hulle diskresie, met die strewe om die skool te bevorder en of verbeter.

7. ALGEMENE JAARVERGADERING
7.1 n Algemene Jaarvergadering is die WOB se hoogste besluitnemende liggaam en of geleentheid en sal voor 31 Maart van die betrokke jaar gehou word, met die doel om die volgende voor te lê:
7.1.1 Die Voorsitter se Jaarverslag;
7.1.2 Die Bestuur te verkies vir die volgende termyn; (indien van toepassing)
7.1.3 Enige ander ge-oorloofde sake af te handel;
7.2 'n Spesiale Jaarvergadering kan te enige tyd deur die Voorsitter op versoek van die Bestuur belê word;
7.3 Kennisgewing van enige Spesiale of gewone jaarlikse Algemene Jaarvergadering sal geskied minstens veertien (14) dae voor die hou daarvan en wel op die webtuiste en/of in 'n plaaslike koerant;
7.4 18 Lede by 'n Algemene Jaarvergadering sal as kworum dien;
7.5 Stemming op enige Jaarvergadering is altyd onderhewig aan 'n vereffende subskripsie vir daardie betrokke jaar.

8. LEWENSLANGE LIDMAATSKAP
8.1 Enige lid van die WOB is geregtig op lewenslange lidmaatskap;
8.2 Hierdie lidmaatskap is 'n administratiewe reeling wat 'n eenmalige voorgeskrewe bedrag insluit;
8.3 Sodanige lede sal 'n behoorlike bewys van lewenslange lidmaatskap ontvang;
8.4 Die Bestuur bepaal jaarliks die voorgeskrewe bedrag;
8.5 Lewenslange lidmaatskap kan egter ook gratis toegeken word op inisiatief van enige oudstudent, ouer of Bestuurslid van die WOB, op voorwaarde dat die nominasie deur die WOB-Bestuur goedgekeur word.
8.6 Hierdie gratis lewenslange lidmaatskap word toegeken op grond van die volgende kriteria:
8.6.1 'n Persoonlike bydrae tot die WOB wat na die oordeel van die Bestuur so 'n toekenning regverdig;
8.6.2 WITBUL AFRIGTERS (eerstespan) van HOËRSKOOL MONUMENT en Voorsitters van die WOB kom uit hoofde van hul amp outomaties in aanmerking vir lewenslange lidmaatskap;
8.6.3 Hierdie toekenning moet op 'n behoorlike wyse geskied op inisiatief van die WOB;
8.6.4 Hierdie toekenning kan postuum gemaak word.

9. ERE-LIDMAATSKAP
9.1 Ere-lidmaatskap is 'n spesiale toekenning vir uitsonderlike diens/prestasie ten bate van die skool/WOB, bo en behalwe die erkenning wat deur die toekenning van lewenslange lidmaatskap erken word;
9.2 Ere-lidmaatskap kan aan enige persoon toegeken word op grond van bewese lojaliteit en diens aan HOËRSKOOL MONUMENT RUGBY, selfs diegene wat vroeër alreeds vereer is met toegekende lewenslange lidmaatskap;
9.3 Hierdie persone betaal geen lidmaatskapgeld nie en ontvang 'n bewys van Ere-lidmaatskap by 'n geleentheid wat deur die WOB se Bestuur bepaal word;
9.4 Ere-lidmaatskap kan postuum toegeken word;
9.5 Persone aan wie lewenslange of ere-lidmaatskap toegeken is, se name sal op 'n erebord op 'n prominente plek aangebring word;
9.6 Nominasies vir die toekenning van Ere-lidmaatskap kan deur enige persoon by die WOB of die skoolhoof ingedien word;
9.7 Die Bestuur van die WOB het die laaste oordeel, tot ere-lidmaatskap;
9.8 Die Jaarvergadering van die WOB bekragtig jaarliks die toekenning van lewenslange en ere-lidmaatskap.

10. PERSEEL
10.1 Indien die WOB op enige stadium die houer is van 'n klub dranklisensie, sal die betrokke perseel bedryf word volgens die voorskrifte van die Drankwet, wet 27 van 1989;
10.2 Slegs lede van die WOB, met inbegrip van wederkerigheidslede, sal toegelaat word om vir fasiliteite, drank of verversings op die perseel van die WOB te benut;
10.3 Die fasiliteite van die WOB kan deur gaste van gewone lede (uitgesonderd gesinslede) gebruik word op voorwaarde dat die getal gaste per lid nie TWEE oorskry nie en dat lede hul gaste vergesel asook volle verantwoordelikheid vir hul gaste aanvaar;
10.4 Geen wins uit die verkoop van drank deur die WOB sal aan enige individu toeval nie.

11. VERANDERINGS AAN KONSTITUSIE EN REËLS
11.1 Enige verandering of byvoeging tot hierdie konstitusie en reels geskied op 'n algemene Jaarvergadering, met dien verstande dat kennisgewing van die vergadering minstens twee weke voor die datum van die algemene Jaarvergadering deur middel van die webtuiste, sosiale media bekend gemaak is. Indien voorgestelde wysigings beplan word, sal dit vir die genoemde twee weke ter insae beskikbaar wees by die Bond se kantoor. Aanvaarding geskied deur 'n gewone meerderheidstem.
11.2 Enige opbetaalde lid van die WOB kan 'n skriftelike voorstel ter wysiging van die grondwet en reëls vir oorweging by die Bestuur indien, minstens 21 dae voor die beplande Jaarvergadering. Die Bestuur neem die finale besluit t.o.v. voorlegging aan die Jaarvergadering, al dan nie.

12. AMPTELIKE KLEURE
12.1 Die amptelike kentekens van MONNAS OLD BOYS is die volgende:
12.1.1. WOB wapen
12.1.2. Die erkende WOB das
12.1.3. Die erkende WOB ontspanningsdrag
12.1.4. Die amptelike erekleurebaadjie van HOËRSKOOL MONUMENT in sy geregistreerde kleur (e);
12.2 Die Bestuur van die WOB is die finale keurder van bg kentekens en kleure;
12.3 Bg. kentekens mag alleenlik voorsien word met bewys van opbetaalde lidmaatskap.

13. SKENKINGS
13.1 Enige skenking wat gemaak word aan die WOB moet gepubliseer word op die WOB se webtuiste vir vir n periode van 7 dae vir kommentaar.
13.2 Die skenker behou die reg om die doel van die fondse te bepaal deur die WOB skriftelik opdrag te gee om uitvoering daaraan te gee. Indien die skenker die gelde wil toepas op n wyse wat nie tot die voordeel van die WOB of skool is nie, of indien reeds ontvang terugbesorg word.
13.3 Skenkings moet inbetaal word in die WOB se bankrekening.
13.4 Enige skenkings kan op die diskressie van die Bestuur goed- of afgekeur word.

14. ONTBINDING
14.1 By ontbinding van die WOB, sal alle bates en fondse (na vereffening van alle skulde en uitgawes) oorgedra word na die trust van die skool, waarna die trust die bates verder sal bestuur tot voordeel van die skool.